In Liefdevolle Herinnering Aan

Daleen Cilliers

30 Jan 1955 – 05 Nov 2025

Biography

Album

Media

Stories

’n Lewe in 7884 Dae

Pappa Dup. 7884 dae. Dit is hoeveel dae ek en pappa in mekaar se lewens was. Tussen die 7884 dae kan ek nie in ‘n skryfstuk regtig alles opsom wat gebeur en gevoel was in ons lewens nie want daar is so baie. Ek het dit goed gedink om van die goed wat ek nooit vir pappa gesê het nie hier op te sê. Selfs al is dit goed wat na die tyd gebeur het. Klomp random goed wat ek so duidelik en helder onthou en wat ek glo ek vir ewig saam met my sal dra. Daar was ‘n dag wat ek en pappa die sonsak op Bokkraal gekyk het.

Ek het aanhoudend gesê dat ek op daai oomblik dink dit is die mooiste wat die sonsak gaan wees, in hierdie minuut en nou op hierdie oomblik. Nou. En pappa het elke keer kalm geantwoord, “Wag net nog so bietjie, dit word nog mooier.” En elke bietjie wat ons nog gesit het, het dit mooier geword totdat ons die sterre kon sien. Hierdie is ‘n oomblik wat ek elke dag saam my dra. Dit is ‘n deel van my wat soms my enigste hoop in ‘n dag is, waar ek net moet dink aan daardie woorde om my deur ‘n dag te bring.

Dat ek net nog ‘n klein bietjie geduldig moet wees want daardie oomblik wat ek dink ek is vas of in ‘n hoek gedruk hoor ek pappa se stem daai paar woorde sê en dit maak my rustiger. Ek vertel dit nou want ek nooit in persoon gesê hoe baie daardie sonsak beteken het nie. Daar was aande hier in die huis dat wanneer ons gekuier het pappa altyd so uit die bloute uit ons net vashou en ‘n druk gee.

Ek het nooit vir pappa gesê dat wanneer ons so vir ‘n rukkie staan en ‘n drukkie gee dat ek intens na pappa se hart geluister het nie. Ek het geluister na hoe pappa se hart klop en in my hart gesê ek is lief vir pappa. En ander kere het ek dit hardop gesê. Ek koester hierdie memorie omdat dit soos die oomblik voel waar ek die naaste aan pappa was. Ek hoop pappa weet nou hoeveel elke drukkie beteken het en watse gewig dit dra want ek wens nou dat tyd daar kon stil staan.

Pappa het altyd met sekere situasies gesê dat die timing in was. “Die timing is in.” Ek dink elkeen van ons wat lief is vir pappa sal weet dat musiek een van ons elkeen se grootste koneksies was met pappa. Soveel so dat ek die aand virewig sal onthou waar ek en pappa op ‘n musiek avontuur gegaan het. Pappa met ‘n Olof in die hand en ek met ‘n Vat 69 en die kombuis blou gestook.

En ons sit oorkant mekaar by die kombuis tafel, wat effe vreemd was want pappa het altyd by die kop van die tafel gesit. Net daar het my les van goeie musiek verder gestrek as nog ooit toe pappa indelf in die musiek wat julle geluister het, van skool dae tot trou en ons kinders gekom het dae. Nou nog sal die liedjies opkom van daardie aand, en dit voel vir my dit is daardie aand se musiek, nie net “ou” musiek nie.

Want soos wat pappa vir ons musiek geleer het, so het pappa ook vir ons die geleentheid altyd gegee om na ons musiek ook te luister wat ons ontdek het. So gepraat van tyd en musiek het daar ook iets gebeur wat ek nooit vir pappa kon vertel nie. Ek het ‘n liedjie gekry wat ek dink pappa eenvoudig net sou love. En so in diep gevoel kon saam sing, soos wat pappa altyd die woorde beklemtoon het met sekere liedjies.

Ek dink wat meer sou uit staan is dat pappa ook sou saam stem met die liedjie. En dit het altyd meer gesê as wat dit net ‘n lekker tune was. ‘Waves’ van Imagine Dragons. Een waarheid van daardie liedjie:” Time doesn’t hear when you ask it to wait.” So ek deel die liedjie nou met pappa, en ek hoop pappa luister hom saam met my elke keer wanneer ek hom speel. Wat musiek ook aanbetref is daar nog ‘n liedjie, en pappa het hom vir ons kinders altyd gespeel.

Ek sal altyd sukkel om die liedjie deur te luister. Tom Walker se ‘Leave a Light On’. Met hierdie liedjie wil ek net dankie sê, want ek het nooit nie, so ek sê nou dankie dat pappa altyd daardie lig vir ons aan gelos het. Dankie dat ons altyd net die lig kon volg tot by pappa en tot by die huis. Hierdie liedjie sal virewig saam met my gaan en ek sal altyd aan die baie gesprekke dink wat ons gehad het wanneer hierdie liedjie gespeel het.

Pappa, daar is so baie wat ons nog moes deel en doen. Maar ek weet ek en pappa praat maar so deur die harte. Dankie vir soveel meer memories en oomblikke wat ons kon deel in 7884 dae wat te veel is om hierop in woorde om te sit. Ek sit van ons herhinneringe en persoonlike oomblikke in hierdie stuk, want ek glo die waardes en eienskappe selfs lesse wat ek by pappa gekry het leef ek elke dag uit en stel dit my bekend as “Dup se kind”.

Ek sien pappa in elke sonsak en wag geduldig vir dit om net nog mooier te word. Ek is lief vir pappa. Erika

Domkrag

DOMKRAG ‘n Huldeblyk aan Dup sal nooit volledig wees sonder Domkrag nie. Hy was so onlosmaaklik deel van ons lewe vir byna 30 jaar. Dit het so begin. In die verre verlede van 1999 was daar mos die groot y2k bangmaakstorie, al die rekenaars sou ophou werk en ons sou nie brandstof he nie, ens ens. Dup, die prepper wat hy was, het dadelik n plan gemaak met vervoer, hy sou n donkiekar bou! 2 Donkies se brandstof kos ook baie minder as n motorkar s’n!

Ons het op daardie stadium ‘n perd gehad met n blinde oog, en ou Safari, wat saam met ons by die meule gewerk het, het n donkietjie wat hy wou ruil vir die perdjie. So gesê, so gedaan en daar word die 3jarige Domkrag deel van ons du Plessis’s! Dup en Kas besluit die donkiekarretjie moet uitgetoets word en so word n tradisie gebore wat etlike jare sou voortduur: donkiekarrit deur die Kalahari met die eindbestemming Bray, waar die Bray July elke jaar gehou is.

Ek onthou nog hoe die driejarige Bianca gehuil het toe haar pa en oom op daardie karretjie op hulle tog vertrek het! Tranedal van formaat, maar later sou ons almal so lief vir Domkrag word. Geen ander donkie kon ooit by hom kers vashou in die tuig nie, n flukse, sterk werker wat meer gedoen het wanneer die ander een in die tuig laat slaplê het. So het Domkrag oral met ons saamgetrek, net nie Botswana toe nie. Ek dink dis hoekom Dup al die mishandelde donkies in Botswana wou red! Groot avonture en baie geleenthede het Donkrag help spesiaal maak.

Op menige kinderpartytjie is hy ingespan om die karretjie, of deur die straat, of deur die veld te trek. Troukar op Orania vir Hester en Christiaan, en ook 2 keer matriekafskeid toe! Na sy aftrede was hy ook ‘n keer of wat by die kerkbasaar op Lichtenburg! So beland Domkrag uiteindelik by Johan Joubert op sy plasie. “As hy te oud word, of siek, laat weet my tog, ek sal self kom plan maak”, sê Dup. En toe, op die Dinsdag voor sy dood, ry Dup en Frikkie by Johan Joubert se plasie verby. Sy oë soek, maar hy sien nie vir Domkrag nie… Hy is nie meer nie.

Daardie volgende oggend omstreke 4h30 sterf Dup aan n hartaanval…. Dankie Bok vir al die kere wat jy harder moes werk as ek in die tuig, as ek nie my kant kon bring nie. Jy was die sagmoedige, nederige mens wat die Bybel van praat, maar ook Donkiekardrywer, Mensehelper, Dieselmasjienregmaker, Planmaker, Kind-aan-die-slaapmaker, loslitdanser en deurnagger, diep-diep denker en sommer net ‘n lekker mens, wat ook maar sy foute en skerp kante gehad het.

So het Leanne geskryf: Dup…. What can I say?? So sad knowing I won’t see you again in this lifetime. Even though I only knew you for a short time, I’m ever so grateful for knowing you. So many awesome memories. I’m pretty sure they broke the mould when they made you… Probably just as well!! Trying to keep up with your love for life.. and family. Your passion for what matters to you…your faith and your huge heart when it comes to helping others and your amazing zest for laughter and fun was hard to keep up with.

No matter what life dealt you, you would get up… brush yourself off… curse in Afrikaans… and then smile. Never letting the bastards get to you! So many memories …. You were happiest when you were surrounded by your family… Drinking…eating and listening to music (didn’d matter if it was the latest hip hop song… you knew it word for word). You loved to dance. It was always so beautiful watching you waltz and getting down with the moves with your kids and Marina to the latest tunes! You loved “discussions”… Always respectful to others but hugely passionate about what you believed in.

No matter how serious our chats were, you loved throwing in a little bit of bullshit … just to keep me on my tows! Always with a cheeky smile and that little sparkle in your eye! I can’t help but smile when I think of you. See you on the flip side Dup!

Donkiekar-Avontuur op My 8ste Verjaarsdag

Die storie van my 8ste verjaarsdagpartytjie Deur Bianca Beukes Ek onthou dit was my 8ste verjaarsdag, want vir my 7de verjaarsdag het ek ‘n tikprogram by my ouers gekry, “vinnige vingers”. En vir daardie jaar het ek my besig gehou met die program. Seker daaroor dat my pa besluit het om vir my en my maats te vat vir ‘n donkiekar-draai deur die dorp vir my 8ste verjaarsdag. Die maats was opgewonde. Ek was ook! Ons Du Plessis’s ken al van die donkiekar.

Ons weet ook hoe die donkies is. Donmkrag, sterk en enig in sy soort, hy hoef amper nooit sweep te gekry het nie. Sterk, sy ore het altyd geluister. Hy was soet ook. En mooi. Dan was daar Blouman. Blouman was lui, sy ore was toe. Hy het so baie sweep gekry dat Pappa se sweep al hoe korter geword het. Die karretjie was redelik vol gelaai met ons 5 Du Plessis’s en al my maats. Bibi, Marli, Frederik en Joos.In graad 2 was sy naam Joos, deesdae Joost.

Tyd verander baie dinge. Mens se naam kan ook verander. Domkrag het met die jare Dommie geword, en Blouman het met die jare weggeraak. Die donkies moes maar altyd saam trek. Ons was arm. Daar was nie geld vir ‘n beter donkie nie. Ons het ons lot aanvaar en ons is toe oor die groot pad met die donkiekar. My pa se Geduld was altyd genoeg om te wag vir daai mossie wat Tafelberg met sy snawel kon plat skuur, maar party dae het hy gesê: “My muur het omgeval” Dan het ons geweet, sy Geduld kon nou net tot daar gaan.

En van daar af hou jy jou mond en jy staan stil. Die muur sal vanself val en Pappa sal na die tyd weer met geduld vir die mossie wag. Daardie dag was Niemand van ons bewus van die muur se stand nie. Nou dat ek terugdink, kon dit dalk wees oor die skool se wasbak wat hy moes regmaak vroeër die dag, plus die pomp by die werk en dan nou nog die donkies inspan en almal gelukkig hou. Hy was so goed daarin. Net anderkant die pad begin Bouman met sy streke.Die kettings hang slap langs hom. Hy moet vinniger draf anders ry die karretjie bo-oor hom.

My Pa praat mooi met hom “Kom nou Blouman, kyk waar sleep jou kettings!” Hy gee hom ‘n hou met sy kort sweep. Ons kinders is in ‘n opgewonde borrelende fees. Dis lekker. Die muur… Die volgende sweephou val, maar nee Blouman steur hom niks aan Pappa Dup nie. En daar val die muur… Die kort sweep word omgedraai. “Vat so Sussie” sê hy vir my terwyl hy die teuels aangee vir my. Ek weet in my kop ek moet net vashou.

My Pa was nou moeg vir Blouman se jare afskeep en doofgeit en stout wees. Ek weet nou nog nie hoe of hoekom nie, maar my Pa druk daardie stok van die sweep binne-in Blouman se poephol in! Meteens sien ek die kettings styf trek. En die kettings en Blouman se stert hou kompetisie oor wie die styfste is! Sy ore trek plat en ek dink toe by myself “ Ooo dis waar die donkie se turbo is!” Asof die skielike wegtrek en pluk van die karretjie saam met ons nuwe spoed nie genoeg was nie, was ons ook met lekker warm mis gestrooi, komplimente van Blouman.

Na ‘n klomp geskree en skaterlag, het my Pa sie donkies onder beheer gehad. Glo dit of nie, Blouman was amper so goed soos Domkrag daardie een draai wat ons gery het. Dit was ook seker die enigste dag wat Dommie bietjie kon rus met sy kettings, want ou Blouman het toe voor gevat vir so 100meter. Op pad terug het ons gestop om my Pa se sweep op te tel, aan die sweep kant. Dit was ‘n lekker daggie. En een van die baie dinge wat ek altyd van my Pa sal onthou, is dat hy altyd die eenvoudige dinge van die lewe na buitengewone avonture kon verander.

Timeline

May 1, 1970

Born

Born in Cape Town, South Africa, to a loving family who nurtured his curiosity and interest in how things worked.

May 1, 1970
January 1, 1982

Received First Computer

At age 12, John received his first computer as a gift, sparking his lifelong passion for technology and coding.

January 1, 1982
December 1, 1988

Graduated High School

Graduated high school with top marks in mathematics and science; enrolled at the University of Cape Town to study Computer Science.

December 1, 1988
July 5, 1991

Discovered Love For Coffee

Discovered a love for coffee during late-night study sessions at university coffee shops, a habit that became a defining part of his life.

July 5, 1991
January 1, 1992

First Job

Completed his degree in Computer Science and landed his first job as a junior software developer at a local tech firm.

January 1, 1992
February 8, 1998

First Startup

Founded his first startup, u0022DigiFlex Solutions,u0022 in his apartment, taking the leap into entrepreneurship despite the risks.

February 8, 1998
May 6, 1999

Met Sarah, His Future Wife

Met Sarah, his future wife, while waiting for a coffee at a café. Their shared love for adventure and technology blossomed into a relationship.

May 6, 1999
September 20, 2000

Got Married

Met Sarah, his future wife, while waiting for a coffee at a café. Their shared love for adventure and technology blossomed into a relationship.

September 20, 2000
June 25, 2001

First Child

Welcomed his first child, Noah, and spent more time focusing on family adventures, often captured with a camera and shared over coffee-filled mornings.

June 25, 2001
March 28, 2005

Diagnosed With Cancer

Diagnosed with a serious illness early in the year. Despite the challenges, John remained optimistic and continued spending quality time with his family.

March 28, 2005
January 20, 2007

Passed Away

Passed away peacefully, leaving behind a legacy of innovation, kindness, and a love for coffee that inspired everyone who knew him.

January 20, 2007

Tributes

Share with family and friends, for them to contribute to the Tributes page :

3 responses

  1. coetseepj@gmail.com Avatar
    coetseepj@gmail.com

    Ma Daleen Cilliers (van 5 kinders, Riana Peens, myself, Dalene Hoffman, Elsa Hoffman, Pieter Cilliers, 3 skoonseuns, 1 skoondogter, 14 kleinkinders + 3 aangetroude kleinkinders en 2 agter kleinkinders) het die wedloop moedig met geloof in onse Hemelse Vader voltooi op 5 Nov 2025. In geloof het die Ca Ma nie onder gekry nie, Ma het die stryd moedig gestry en nooit gewys as Ma sou sleg voel nie, altyd gesê dit gaan goed en “don’t give up you’re on a brink of a miracle”. Ma was die lopende getuienis van ń miracle want God het nog 8jaar by Ma se lewe gevoeg, na die groot operasie in 2017 en drs gesê het hul weet nie of Ma gaan deurdruk nie. Maar Ma het.

    Dankie aan onse Hemelse Vader wat Ma aan ons geleen het en gespaar het tot nou. Dankie aan Pa Piet Cilliers wat vir 56jaar vir Ma liefgehad het en Ma versorg het toe Ma sieker geword tot met die einde.

    Ma was ń sterk aktiewe vrou wat nie sommer gaan lê het nie, steeds geglo het in God se genade en wonderwerke. Ma was altyd gereed om almal te help waar Ma kon met die minste geldjies. Ma het die mooiste geskenkies sommer self gemaak, baba kleertjies, kombersies, slaapsokkies en sagte speelgoed gebrei en gehekel. Ma het hoeveel funksies gereël, koeke gebak en blomme gedoen en al lank voor die tyd ń beplanning reg gehad. Ma het baie mense getroos en ń melktert of twee was Ma se liefdestaal of om te sê Ma is jammer. Ma was Pa se “ore” soos hy altyd gesê het, hy mis Ma so baie. Pa en Ma was onafskeidbaar in “sickness and in health” waarvoor ek die grootste respek gehad het. Ma se groen vingers gaan ek mis, as my plantjies nie meer wou lewe nie, het ek hulle na ma se “siekeboeg” toe gebring en sommer spoedig het hul floreer. Ma en Pa het my twee seuns help grootmaak en dit was nooit te veel moeite vir jul nie, daarvoor is ek jul ewig dankbaar.

    Ma se 70ste verjaardig partytjie was ñ hoogtepunt in April en was ek bevoorreg om te help reël en die dag saam met Ma te herdenk. Min het ons geweet 7maande later gaan ons by dieselfde plek bymekaarkom om Ma te groet.

    Ek (ek glo ander kinders ook) is dankbaar teenoor God wat my die geleentheid gegun het om die laaste tydjie Pa by te staan om te help met Ma se versorging vanaf Julie. Ma ek het steeds gebid, geglo en gehoop dat as dit ons Vader wil is, Hy Ma sou genees, maar God het ń hoër plan gehad met Ma. Die 5de het God vir ons tyd gegun om by Ma te wees met Ma se laaste asemteug.

    Ma ons is hartseer en nog meer hartseer. Ek mis Ma alreeds baie, maar die feit is Ma loop nie net nie, Ma hardloop nou weer en daar is geen siekte wat hier op aarde is wat Ma nou terughou in die hemel by Jesus nie en dis die wonderlikste troos ooit.
    Ma ek sal ook aanhou streef daarna om ook eendag by Jesus te wees met my laaste asemteug.
    Baie Liefdetjies
    Ronell❤️❤️❤️

    NS: Ons is daar vir Pa en God neem hom in Sy arms.

  2. Chimonique Hoffman Avatar
    Chimonique Hoffman

    Liewe Ouma 💙
    Ek mis Ouma al klaar.
    Vandag is my 13de verjaarsdag.
    Ek mis die dae wat ouma saam met my gebak het en kuns werke gedoen het.
    Ek kan nie in woorde beskryf hoe baie ek ouma nou mis nie.
    Ouma was my ride to die mens.
    Ek kon altyd na Ouma toe gekom het as ek nie n lekker daggie gehad het nie.
    Maar Ouma is nou in n beter plekkie want nou het Ouma nie meer seer nie en nou is ouma by ouma se mamma
    Ek wens ons kan nog Window shopping doen want daai daggie was baie baie lekker.
    Ek gaan die tye mis wat Ouma hier was.
    Ek gaan die tye mis wat ek en Ouma saam n kersfees boom gemaak het.
    Ek mis die dae wat ek en ouma baklei het gestry het en gelag het.
    Ek mis Ouma se stem meer en meer.
    Ek het na al my en Ouma se foto’s gekyk en ek kan nogsteeds nie glo Ouma is weg nie want dit is sulke groot skok.
    Want ouma het Ouma se laaste asem voor my uitgeasem.
    Ek sal ouma eendag daar bo sien daar by my en ouma se Pappa

    Lief ouma baie baie💙

  3. Chanre Avatar
    Chanre

    I miss the way you would look at me.
    The way you sat beside me, quietly and lovingly.
    I miss everything about you, your laugh your smile,
    The warmth in the way you held me.
    I cried, I screamed, I shattered like waves.
    I hold more water than tears could ever show.
    I tried to replace your name,
    With things I can’t explain, but nothing filled the space you left.
    You fought for so long, so quietly,
    Cancer took your light without hesitation.
    But even in pain, you still gave,
    Even in weakness, you still loved.
    You smiled through sickness,
    Held our hand even when we should have held yours.
    You never stopped being the sweetest person, even when the world gave you a reason to.
    I hear you laughter in echos,
    I feel your love in stillness.
    I will forever walk through the world with your strength in my bones,
    Your stories that filtered into my realities.
    Like that one of dad being very stupid, and the ones of us being together so little.
    Our memories keep playing like a lullaby I never grew out of.
    I will forever carry our memories like a medal around my neck.
    Each one a weight, but a gift.
    You will forever live in me xx
    your grandaughter chanre

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Funeral Memories

Subscribe
Notify of
3 Comments
Oldest
Newest
Inline Feedbacks
View all comments
coetseepj@gmail.com
10 months ago

Scroll to Top